Gedagte vir die dag: ’n Gebed vir hoop

son_hoop_wolke_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (1 Petrus 1:3)

“Ewige God en Verlosser, ek was eens op ’n tyd ’n geestelike gevangene wat die ewige dood in die gesig gestaar het. U het vir my die ewige hoop van vryheid gegee deur my sondes te vergewe sodat ek eendag die ewigheid saam met U in die hemel kan deurbring. Hoe kan ek genoeg dankie sê vir U?

Wanneer my lewe hier en nou onmoontlik lyk, gee U ewige hoop. Sonder hoop sou ek nie deur hierdie moeilike tye kon volhard nie. Ek sou moed opgegee het. Terwyl ek hierdie lewe trotseer, gee dat ek my oë op die ewigheid sal vestig. Mag ek nooit vergeet waarheen ek op pad is nie, en waarom daar geen beter plek is om te wees nie. Want in die hemel sal ek vir ewig in ’n volmaakte verhouding met U en ander lewe, sonder enige pyn of hartseer of swaarkry. Wat ’n vreugde! Help my asseblief om te volhard op pad na my doelwit. As ek dit doen, weet ek dat ek ’n beter perspektief op die swaarkry en ongemak van hierdie lewe sal kry.”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat ons bevrees hoet te wees vir die doelpaal nie..U wag reeds vir ons daar..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.