Gedagte vir die dag: ’n Gebed vir transformasie

 straat-antieke-ou-klip-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here sê vir Ananias: “Gaan nóú Reguitstraat toe, na Judas se huis. Vra daar na Saulus van Tarsus. Ek het hom in ’n gesig laat sien dat ’n man met die naam Ananias inkom en sy hande op hom sit sodat hy weer kan sien. Ek het Saulus as my instrument uitgekies om my boodskap uit te dra na volke en konings, en ook aan die volk Israel.” (Handelinge 9:11-12, 15)

“Here, die persoon wat my die seerste gemaak het, bly in my gedagtes opkom. En ek glo nie U lê hom in my gedagtes sodat ek kan planne maak om hom seer te maak nie, maar eerder sodat ek vir hom kan bid. Is dit moontlik dat U hierdie persoon in ’n liefdevolle, vurige gelowige kan verander? Ek twyfel vir geen oomblik dat U dit kan doen nie. As U die moordenaar Saulus in die apostel Paulus kon verander, kan U ook verandering in my grootste vyand teweegbring. U is die God van transformasie! Maar veels te dikwels wil ek, uit die aard van my sondige natuur, nie hê U moet u genesingswerk en verandering in ander se lewe doen nie.

Here, die volgende keer wat ek haat koester jeens die persoon wat my lewe ondraaglik maak, verander my hart sodat ek liewer vir hom kan bid. Ek weet U sal in my ook transformasie bring!”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat ek ook vir die saak mag bid…verandering begin by my Here..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.