Gedagte vir die dag: ’n Gebed vir visie

Blom_veld_stiltetyd_Juanita-Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

Maak oop my oë sodat ek die wonders kan sien wat opgeskryf is in u gebooie.  (Psalm 119:18)

“Hemelse Vader, ek wil doelgerig wees. Ek wil duidelikheid hê oor my lewenspad; ek wil gemotiveerd wees om iets te doen wat waarde het. O Here, ek het ’n visie nodig – ’n prentjie van waar U my wil hê iewers in die toekoms. Hoe kan ek duidelikheid kry oor dit waarvoor U my gemaak het? Dit is slegs wanneer ek my eie drome prysgee wat U my met u visie vir my toekoms kan vul. Help my, asseblief.

Gee dat ek myself sal leegmaak deur u Woord elke dag te volg, deur ’n skoon gewete te hê sodat ek die influistering van u Gees duidelik kan hoor, deur te luister na die goddelike wysheid van ander gelowiges en deur gebed – direkte gemeenskap met U. Gee tog vir my die vermoë om te glo dat U ’n doel vir my het en ’n spesifieke rigting waarin U wil hê my lewe moet gaan. Is daar enige visie wat meer betekenis as dit kan hê?”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here…U het n plek en n doel vir elkeen van ons…maak ons oe en ore oop..in Jesus Naam

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.