Gedagte vir die dag: Gebruik die tyd

tyd-horlosie

Foto: Dailygenius.com

Die eienaar het hom geprys en gesê: “Uitstekend! Jy is ’n voortreflike slaaf; een op wie ek kan staatmaak. In die kleine het jy jou betroubaar bewys. Daarom gaan ek nog baie groter verantwoordelikhede aan jou toevertrou.” (Matteus 25:23)

Vandag wil ek met jou praat oor hoe ons ons tyd hier op aarde moet gebruik. Ons weet Jesus kom terug; ons weet ons het ’n ewige erfenis saam met Hom waarvan ons ons die heerlikheid nie eers kan voorstel nie. Hierdie belofte moet ons motiveer om die tyd wat ons oorhet oordeelkundig en doelgerig te gebruik: om goeie en getroue diens knegte te wees wat die evangelie verkondig; om die verworpenes lief te hê en te versorg. God het vir ons ’n lewe op aarde gegee en het ’n doel en ’n plan vir elkeen van ons.

Mense het Jesus nodiger as ooit. Ons het die waarheid en die vreugde en ons moet getrou uitgaan en dit verkondig. Dit sou ’n groot jammerte wees indien ons ons kanse hier op aarde verspeel om iets betekenisvol vir die koninkryk van God te doen.

Kom ons mors nie ons lewe nie sodat wanneer die tyd aanbreek om Jesus in die hemel te ontmoet, ons waarlik kan weet ons het Hom op aarde gedien.

Hemelse Vader, help my om my tyd reg te gebruik. Ek wil die evangelie deel en bid vir die verlorenes, my geliefdes, my vriende en alle gelowiges. Laat my vandag begin met nuwe energie en gee dat ek my tyd op aarde oordeelkundig sal gebruik. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.