2 Julie 2011

Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Genesis 3:8

Genesis 3 (lees dit) is die swartste hoofstuk in die hele Bybel! Adam en Eva kies om aan God ongehoorsaam te wees waarna hulle vir God “weggekruip” het (vers 8). Die volmaakte verhouding tussen die mens en sy Skepper, tussen mense onder mekaar asook tussen mens en natuur, lê aan skerwe. Kies om vandag vir God, deur Jesus, te gehoorsaam dan hoef jy nie ook vir Hom weg te kruip nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.