Gedagte vir die dag: Aanvaar sy genade

Argieffoto (Foto: Kelly Sikkema/Unsplash)

“Mense wat in Jesus Christus glo, word nou deur God van hulle sondes vrygespreek. Dit geld vir elkeen wat glo” (Romeine 3:22).

Skrifgedeelte
Romeine 3:22

Oordenking
Een van die redes waarom ons soms sukkel met ons geloof, is omdat ons diep binne-in onsself steeds glo dat ons dit moet verdien. Die lewe leer ons mos dat ons eers moet gee voordat ons ontvang. Daarom vind ons dit so moeilik om te aanvaar dat God se genade juis gegee word aan hulle wat dit die minste verdien, aan hulle wat dit die nodigste het: aan sondaars. God se genade-geskenk word verniet aangebied aan mense soos ek en jy wat sukkel om reg te leef en wat nie altyd ’n goeie lewe het om te bied nie. Ons Here se genade kan nie verdien word nie, dit kan slegs deur dankbare harte aanvaar word.

Onthou: Genade is nie ’n werkwoord nie. Genade is ’n ruswoord. Christus het reeds al die werk gedoen. Dit het Hom alles gekos: Sy lewe! Daarom kos dit jou niks nie.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.