Gedagte vir die dag: Alleen-tye

Foto: Melanie Schlenter

Foto: Melanie Schlenter

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. (Jes 41:10)

Ons voel soms baie alleen op ons lewenspad. Let op die woordjie “voel”. Ek sê “voel”, want ons is nooit werklik alleen nie. God is altyd by jou. God het ’n plan vir jou lewe, en al sy planne vir al sy kinders verskil natuurlik. Dalk voel dit vir jou of ander se lewensroetes soveel makliker is as joune. Dalk voel dit vir jou of niemand so eensaam en alleen soos jy is nie, en of hulle opofferings soveel geringer is as joune. En as jy jou eers in hierdie spiraal begewe het, sak jy baie vinnig baie diep af. Totdat dit vir jou voel of jy stoksielalleen op aarde is.

Ons was almal al daar, maar dit is so onnodig om so te voel. God is hier by ons – so naby soos geen mens al aan jou was nie. Ons is nooit ooit alleen nie. God jok mos nie vir ons in die Bybel nie. As Hy sê Hy is by ons, is Hy by ons. Ons moet net ons hand in geloof uitsteek, dan sal ons vind Hy neem dit dadelik.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.