Gedagte vir die dag: Begin met vandag

Argieffoto (Foto: Cristina Gottardio/Unsplash)

“Gee ons die porsie brood wat ons vir vandag nodig het (Mattheus. 6:11).

Skrifgedeelte
Mattheus. 6:11

Oordenking
Baie mense leef reeds in die toekoms, maar daag ook vir vandag op. Vir hulle is vandag eintlik net ’n oomblik op die pad na môre. Die hier en nou is nie vir hulle belangrik nie. Dit is ’n groot fout. Jesus sê ons moet vandag leef, om van hier af na die toekoms toe te gaan, nie andersom nie. In die Onse Vader-gebed vra ons immers vir vandag se brood, nie môre s’n nie.

Ons lees in Matteus 6 dat ons nie vandag bekommerd moet wees oor môre nie. Die lewe gebeur vandag. God se genade is vandag hier. So ook sy liefde en ondersteuning. Môre is nog ’n hele dag ver. Dit is so ’n vermorsing van tyd as ons nie vandag tot God se eer leef nie.

Wat ’n vermorsing om te dink dat ons eers môre of volgende week tot God se eer sal leef! Nee, vandag is die dag. Gaan en ontvang jou porsie genade by God. Gee jou lewe vandag vir Hom. Dan leef jy op die regte manier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

skurweberg ·

Omdat die.mens die kroon van God se skepping is, het ons die heerlike verwagting wat in ons toekomsperspektief gesetel is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.