Gedagte vir die dag: Bereik jou potensiaal

Pa_seun_Stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Iemand wat bereid is om reggehelp te word, leer graag. Dit is dom as iemand hom nie wil laat teregwys nie. (Spreuke 12:1)

Wie wat by hulle volle verstand is, hou van dissipline? Tog is dit presies wat jou ingesteldheid moet wees indien jy uit jou foute wil leer en jou Godgegewe potensiaal wil bereik. Dissipline is noodsaaklik om vaardigheid, volwassenheid en karakter te ontwikkel – daar is geen ander manier nie.

Leer daarom om dissipline te waardeer – of dit nou van God kom of van ander. Dan sal jy meer leer as wat jy ooit gedink het moontlik is.

Hoe kan jy leer om die voordele van dissipline te geniet?

Bron: Wees sterk en standvastig
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.