Gedagte vir die dag: Bêreplek

Argieffoto (Foto: Fa Barboza/ Unsplash)

“Die liefde tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen word nie” (1 Korinthiërs 13:5).

Skrifgedeelte
1 Korinthiërs 13:5

Oordenking
Supermarkte het gewoonlik baie spasie nodig waar hulle hulle produkte kan stoor. Dalk het jy ook baie plek in jou huis nodig vir jou klere, kos, meubels, rekenaars en boeke. Ons gedagtes is ook vol inligting. As jy ’n Christen is, het jy beslis nie plek vir slegte gedagtes oor ander mense nie!

Ware geloof is vergeetagtig. Dit hou nie vas aan griewe nie. Aan die einde van die dag moet jy al die negatiewe inligting uitvee en dit in die asblik gooi.

Paulus herinner ons in 1 Korinthiërs 13:5 daaraan dat God se kinders nie boekhou van die kwaad wat teen hulle gedoen word nie. Jy moet dit ook nie doen nie. Jy moet onthou om te vergeet en vergeet om te onthou wanneer dit by slegte ervarings kom. God het jou gedagtes nuut gemaak wat beteken daar is nie meer plek vir slegte herinneringe of wrewel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.