Gedagte vir die dag: Betroubare amptenaar

kneel-before-the-cross1 Kon 18:3 – Obadja het die Here pligsgetrou gedien.

“Ek kon dit nie meer uithou nie! My nuwe baas was lui en korrup en het my al die werk laat doen, terwyl hy die eer en die geld gekry het. Daarom het ek bedank,” vertel ‘n gewese staatsamptenaar. Obadja het egter aangebly al het dinge baie verkeerd geloop. Hy het geweet dat hy ‘n verskil kon maak. En koning Agab het hom meer as enigiemand anders vertrou en hom die paleisopsigter gemaak. Koningin Isebel was ‘n heiden, en het die gelowiges gehaat. Die priester en Leviete het na Juda geëmigreer. Die profete het hulle werk oorgeneem om die volk na die Here terug te roep. Sy het dus besluit om die land Israel van profete te suiwer. Sy het begin om die profete sistematies uit te wis. Obadja het egter ‘n slim plan beraam en 100 van hulle in twee grotte versteek, waar hy hulle ook van voedsel en water voorsien het. Die koning het nie hiervan geweet nie, maar die mense het blykbaar daaroor gepraat. Obadja het aangeneem dat Elia daarvan gehoor het (1 Kon 18:13). Ons land het beslis staatsamptenare soos Obadja nodig. Mense wat pligsgetrou en betroubaar is. Mense wat hulle werk doen en wat die publiek dien. Mense wat ook die praktiese implikasies van hulle geloof Uitleef. En dit is ook waar van elke faset van die samelewing. Ons kan deur ons daaglikse werk werklik ‘n verskil maak!

Gebed: “Here, maak my getrou in my werk, sodat my werk tot u eer sal wees en mense na U toe sal aanlok.”

Bron: Uit die Beek – Attie van Wijk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.