Gedagte vir die dag: Bewaar jou hart

Foto: imageprest.com

Foto: imageprest.com

Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. (Spr. 4:23)

Daar is nie verniet ’n spreekwoord wat sê “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor” nie. En hier sê die spreukeskrywer dit ook: Dit wat in jou hart gebeur, bepaal jou hele lewe.

As jou hart vol liefde, vreugde, geduld, vrede en verdraagsaamheid is, sal dit in jou dade gesien kan word. Van so iemand word dikwels ook gesê hy of sy is “mooi van binne”. Daardie mooiheid word as’t ware duidelik op jou gesig. Die teenoorgestelde is egter ook waar. As jou hart vol jaloesie, ontevredenheid, hebsug, haat en woede is, sal dit ook na vore kom in jou optrede. Jy word later sommer ’n lelike mens.

Pas jou hart op. Fokus op die mooi en die goeie dinge in die lewe. Wend ’n doelbewuste poging aan om die mooi in die lewe raak te sien. As dit vir jou moeilik is, vra die Here om jou daagliks hiermee te help.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.