Gedagte vir die dag: Bied weerstand teen die Bose

Argieffoto (Foto: Bruno van der Kraan/Unsplash)

“As julle selfs dan nog voortgaan om julle nie aan My te steur nie en julle steeds teen My bly verset, sal Ek my woede op julle loslaat en julle nog sewe keer meer straf vir julle oortreding” (Levitikus 26:27-28).

Skrifgedeelte
Levitikus 26:27-28

Oordenking
God se liefde is oneindig, onvoorwaardelik en volkome. Hy wíl ons met sy liefde toevou en ons met sy seën bederf. Maar ons Here is ook ’n jaloerse God wat dit nie sal duld as ons sy liefde en goedheid vertrap nie. Hy verwag van ons dat ons Hom met ons hele lewe sal dien.

Wanneer ons iets van God se grootheid en die omvang van sy liefde vir ons verstaan, sal dit ons natuurlike begeerte wees om sy wil te doen. As daar dus iets in ons is wat in opstand teen Hom is, is dit tyd om ons eie harte te ondersoek. Dit kan wees dat Satan kliphard daaraan werk om ons van Hom af weg te rokkel. En dit kan fataal wees!

  • Hierdie oordenking verskyn in deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.