Gedagte vir die dag: Bly in sy lig

Argieffoto (Foto: Patrick Tomasso/Unsplash)

“Die persoon wat sy broer of suster liefhet, leef voortdurend in die lig. Juis daarom struikel hy ook nie sommer nie” (1 Johannes 2:11).

Skrifgedeelte
1 Johannes 2:11

Oordenking
Dit verstom my hoe ons as oortuigde gelowiges tóg soms van koers af kan raak. Met tye voel ons sommer net so vér van God. Heel dikwels ontstaan hierdie ver-voel-emosies wanneer ons in konflik met iemand staan, wanneer daar iets in ons verhoudingslewe is wat haper. Dis mos asof hakerige verhoudings sulke gate uit jou verbindingslyn met God steel.

Daar is maar een manier om in voortdurende vrede met onsself, ander en ons Vader te leef en dit is om elke oggend weer met sy vrede gevul te word. Sy lig is juis daar om ons te help om onmin uit die weg te ruim, die donker uit ons harte te haal en ons weer op die regte pad te bring. Bid in ver-voel-tye dat sy Gees die oorsaak van struikeling uit jou hart sal neem en jou weer die Lig sal laat sien.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.