Gedagte vir die dag: Bly volhard

200398409-001Psalm 130:6,7 – Ek hou vas aan die Here, meer as wat ʼn kleintjie aan sy ma vasklou. Ek sal U nooit los nie. Julle wat die Here liefhet, moet in Hom bly glo, want Hy het sy kinders lief. Hy vergewe hulle weer en weer.

So baie dinge vandag het kits geword. Daar is kitsbanke, kitsrestaurante en kitsdiëte. Dis alles die gevolg van die mens se gejaagdheid en oorhaastigheid. Min mense loop. Almal is op ʼn drafstap. Hou maar die mense om jou dop: Hulle gesigte is op ʼn frons getrek soos hulle deur die lewe snel. By die Here soek ons ook kitsantwoorde en kitsoplossings. Dit terwyl Hy geduldig is en duisend jaar vir Hom soos een dag is. God werk nie met ʼn horlosie en jaag van afspraak tot afspraak nie. Nee, hy is geduldig en vriendelik. Hy maak tyd vir mense en gee om vir mense. Verhoudings is vir Hom baie belangrik – nie transaksies en afgehandelde take nie. Daarom is dit so nodig dat ek en jy moet leer om stil te kan sit in die lewe. Maak tyd om stil te sit by God. Wag geduldig op Hom. Hy is nie kits nie. Nee, Hy is besig om jou karakter te vorm terwyl jy op Hom wag. Daarom moet jy kan volhard en leer om aan Hom vas te hou al gaan dinge te stadig na jou sin. Sy beloftes vir jou sal waar word.

Wys my een groot blywende daad of prestasie wat nie tot stand gekom het deur geduldige, volgehoue werk en wag nie. – Josua Holland

Gebed: Here, ek wag op U. Ek hou vas terwyl ek wag. Ek kies om te volhard en U nooit te los nie al lyk dinge hoe stadig.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.