Gedagte vir die dag: Blye versekering, Jesus is myn

88_praisethelord-2Hebreërs 10:22 – Laat ons tot God nader met ‘n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van ‘n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water.

Ek het opgegroei in ‘n klein gemeente in Benoni. Ons het net een pianiste gehad en as sy om een of ander rede die oggend nie daar kon wees nie, moes ons maar a capella sing. Elke keer wanneer dit gebeur het, het ons Blye versekering gesing. Ek weet nie hoekom nie, maar ek dink dit was omdat die wysie maklik en bekend genoeg was vir diegene in die gemeente wat nie musikaal is nie om darem sonder begeleiding op ‘n manier te kon saamsing. Met gevolg dit was een van die eerste liedere wat ek as kind uit my kop geleer het alhoewel dit nie een van my gunstelinge was nie. As kind en selfs as tiener, het ek dit nie regtig verstaan nie.

Blye versekering is deur Fanny Crosby (1820-195) geskryf. Sy word beskou as een van die wêreld se vrugbaarste en talentvolste skrywers van Christelike liedere. Ten spyte van die feit dat Fanny kort na haar geboorte blind geword het, het sy meer as 8 000 liedere geskryf.

Eendag, terwyl op besoek by haar vriendin Phoebe Knapp, het Phoebe ‘n nuwe melodie wat sy pas gekomponeer het op die klavier gespeel. In antwoord op Phoebe se vraag: “Wat sê hierdie melodie vir jou?” het Fanny gesê: “Blye versekering, Jesus is myn!”

Die Bybel leer ons dat ons absoluut seker kan wees dat ons deur die dood van Christus verlos is. Hierdie seker wete is nie gebaseer op innerlike gevoelens of op uiterlike tekens nie. Hierdie “blye versekering” is gegrond op die beloftes van ‘n getroue God en sy geïnspireerde Woord. Dit hang nie af van hoe sterk ons geloof is nie, maar wel van in wie ons glo – van Christus self!

Blye versekering gee ons ‘n kykie van die vreugde wat Fanny deur haar geloof in God ondervind het. Alhoewel blind, beskryf sy dat, ten spyte van haar swaar lot, ondervind sy “heil’ge verrukking, blye genot” as gevolg van haar vertroue in Jesus. Dit was werklik die verhaal van haar lewe – laat dit ook waar wees van ons lewens.

Gebed: Dankie Here dat ek verseker weet dat ek verlos is. Dankie vir die voorreg om U deur sang te mag loof en prys. Help my om hierdie dag en week deur geloof nog nader aan U te kom. Amen

Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika,Vers-‘n-dag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SY de Wet ·

Heb 10:22″…. laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water”. 1933 vertaling ,

Die vervaaling bo laat dit skoon klink ons is self voldaan , met die word” immers” . Hierdie is nogal n Biefstuk gedeelte om uit konteks te haal en dan n storie rondom te bou .1Kor 3:2

Skrif verklaar Skrif .

Met watse hart moet ons tot God nader en hoe kry ek so n hart ?

Psalm_51:10 Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.”
So , ons moet iets he om op te bou .Jesaja_28:16″ daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion ‘n grondsteen, ‘n beproefde steen, ‘n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie”.

So! Vat jou tyd . Maar ek het nie tyd nie? Los dit dan liewer want.Openbaring_3:16 lees :” Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.”

Heb 10:16″ want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, ”

2Kor_7:1 ” Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring. ”

Spreuke 2:1″ My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,
2:2 sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;
2:3 ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,
2:4 as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,
2:5 dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind

Neem Spreuke2:4 , Het ons al gesien hoe is mense wat n kaart ,se maar van n skip wat vergaan het met n kosbare vrag aan boord ontdek het .Praat van fanaties .! DAN SAL JY HOM VIND !

Wil ek geld en tyd spandeer aan my nuwe soekvaartuig , met al my nuwe toerusting aan boord en uitvaar op soek na Spreuke 2:4 ? Of het ek n naweek spoedboot , vir die dam ? Gaan ek soos ander fotos kyk van die oseane waar ‘ander al was en wat hulle’ ontdek het ? Of gaan ons kyk na beroemde seerowers in die stadion of op die skerm ? Het jy tyd ? Nie te besig nie ?

Jesaja_33:6″ En daar sal bestendigheid van jou tye wees, ‘n rykdom van volle verlossing, van wysheid en kennis; die vrees van die HERE sal sy skat wees”

Gebed : Skep vir my ‘n rein hart, o God, gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees en maak my heilig in U vrees .Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus AMEN

VAAR UIT !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.