Gedagte vir die dag: Breek uit en leef

Die vyand is daarop uit om ons te laat glo dat daar geen uitweg uit ons krisisse is nie. Dít is egter ’n leuen. By God is daar altyd hoop en ’n uitweg. Luister maar na die Psalmdigter se woorde in Psalm 40:2-4: “Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op ’n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop. Hy het ’n nuwe lied in my mond gelê. . . baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou.”

Ook in Jesaja 43:1,2,16 lees ons: “As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie . . . So sê die Here, Hy wat ‘n pad gemaak het deur die see, ‘n deurgang deur die magtige waters. . .”

Wat is die uitdaging wat jou vandag, soos die Psalmdigter, laat voel asof jy in ’n “put van die dood” staan? Het jy ’n slegte mediese verslag gekry? Weet jy nie waar jou volgende bord kos vandaan gaan kom nie? Is jou huwelik besig om uitmekaar te val? Het jy ’n krisis by die werk? Of weet jy meer watter kant toe om te draai nie?

By God is daar altyd hoop en’n uitweg. Hy het sy grootheid aan ons gedemonstreer deur vir die Israeliete ’n pad deur die see te maak. Net so het Hy in Adriaan se lewe gewerk toe hy Hom toegelaat het. As jy dus vandag voel of jy in ’n donker kamer staan, gee Hom ’n kans om vir jou ’n deur uit te maak sodat jy die kamer kan agterlaat terwyl jy ’n nuwe, beter lewe saam met Hom tegemoet stap. Onthou by Hom is daar geen beperkinge nie. Sterkte.

Gebed: Vader God, dankie dat U elke uitdaging in my lewe ken. Help my om soos die Psalmdigter aan te hou om op U te vertrou met die wete dat U ook aan my ’n deurbraak sal kan bewerkstellig op die regte tyd en manier. Ek vra daarvoor in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika,Vers-’n-dag waardeer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.