Gedagte vir die dag: By God kan jy tevrede wees

tevredePsalm 131:2 – Ek is tevrede soos ek is. Ek is soos ʼn babatjie wat veilig in sy ma se arms lê. Die wêreld kan maar vergaan, maar ek voel veilig en tevrede. Dit gebeur as jy op die Here vertrou.

Soveel mense vandag is onvergenoegd. Dit kla steen en been oor alles en almal. Niks of niemand kan hulle tevrede stel nie. Dit is te kort en dat is te lank. Daardie is te veel en hierdie is te min. Hulle geluk en vlak van tevredenheid word die hele tyd deur eksterne faktore bepaal. Binne-in hulself is egter die wortel van die kwaad – diep binne-in. Sien, solank jy tevredenheid gaan soek buite jouself, iewers in jou omstandighede en in jou leefwêreld wag daar groot en gereelde ontnugterings op jou. Dit gaan ʼn lewe wees van een dag tevrede en die ander dag diep ontevrede. Selfs meer realisties: die een oomblik tevrede en die volgende ontevrede. Tevredenheid lê in jou verhouding met God. Dit lê in die feit dat Jesus mens geword het en aarde toe gekom het, hier kom sterf het en weer die dood oorwin het. Hierdie Jesus kies jou liggaam as sy tempel. Hy kies om in jou te woon. Dit maak nie saak wat jou omstandighede is nie, die waarheid is die werklikheid en niks of niemand kan jou dit ontneem nie. Jesus leef in jou!

Ons is so besig om te kla oor wat ons nie het nie dat ons nie tyd het om te geniet wat ons het nie. – HV Prochnow

Gebed: Here, dankie dat ek by U veilig en tevrede kan wees. Dankie dat U my styf vashou en my elke tree dra.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

frans ·

Dit is beslis die waarheid in hierdie wereld is niks gratis nie,behalwe om god te dien kos jou niks.Hy is die een wat jou die krag gee om al jou drome te bewaarheid.By god kan jy altyd tevrede wees hy gee op sy tyd en hy neem op sy tyd.

Carla ·

Sulke waar woorde in tye waar geluk die een ding is wat almal najaag. Ons verstaan nie altyd dat die Bron van ware geluk is in ons verhouding met God. Hy is ons Vader wat altyd na ons sal kyk.

H J Bester ·

Ons vergeet so dikwels die groot waarheid naamlik dat “ek in God altyd veilig en tevrede” kan wees. Mag God ons altyd deur Sy genade en goedheid veilig aan sy boesem hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.