Gedagte vir die dag: Daardie klein jakkalsies

Argieffoto (Foto: Azka Nurakli/Unsplash)

“Die Gees het ons splinternuut gemaak. Daarom moet ons toelaat dat Hy elke dag ons lewe bestuur. Hy moet besluit wat ons dink en sê en doen” (Galasiërs 5:25).

Skrifgedeelte
Galasiërs 5:25

Oordenking
Dit is so ironies. Heel dikwels kry ons dit reg om groot dinge met grasie en geduld te hanteer terwyl ons toelaat dat die klein jakkalsies ons lewenswingerde verniel. Dis asof ons daarop ingestel is om die moeiliker uitdagings met moed aan te pak en uit te sorteer en dan regtig nie lus is vir die klein irritasies nie. Ander kere weer kan ons heeldag al die probleme en mense by die werk met groot selfbeheersing hanteer en dan verloor ons ons humeur die oomblik wanneer ons by die huis instap.

Nou ja, toe God gesê het dat ons die vrug van die Gees moet vertoon, het Hy juis bedoel dat ons deurentyd, onder alle omstandighede en teenoor alle mense reg sal optree. En ons is slegs daartoe in staat wanneer die Gees in beheer van ons emosies, woorde en optrede is.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.