Gedagte vir die dag: Dankbaar vir God se onvoorwaardelike liefde

liefdeBesef jy dat God ons elkeen ook onvoorwaardelik liefhet en dat Hy, terwyl ons nog vol sonde was, sy Seun vir ons gestuur het? In Romeine 5:8 lees ons: “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” Niks wat ons dus doen of in die verlede gedoen het, kan verhoed dat Hy ons vergewe en aanvaar wanneer ons in berou na Hom toe gaan nie. Hy bevestig dit in Numeri 14:18: “Ek, die Here, is geduldig en vol liefde, Ek vergewe mense wanneer hulle sonde doen en opstandig is. . .” (Die Bybel vir Almal)

En God begeer ’n verhouding met ons elkeen. Het Hy dan nie sy enigste Seun daarvoor opgeoffer nie? Kom ons dank Hom nuut vir sy onvoorwaardelike liefde en aanvaarding en kom ons streef daarna daarom ook aan ons moeilike kollegas, ons rebelse kinders en self die nors buurvrou te bewys. Dalk gaan ons, nes Surina se onderwysers, verstom staan oor die genesing wat God hierdeur in iemand anders se lewe kan bewerkstellig. Sterkte.

Gebed: Vader God, baie dankie vir U onvoorwaardelike liefde en aanvaarding. Help my om dieselfde ook aan ander om my te bewys. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen

Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika,Vers-‘n-dag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.