Gedagte vir die dag: Deur riviere

Argieffoto

Argieffoto

As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie. (Jes 43:2)

Dit is hoe die Here oor my en jou voel. Hy het my gemaak en maak nie saak wat gebeur nie, Hy sal my beskerm. Ons almal kom een of ander tyd voor ’n rivier te staan waardeur ons moet gaan. Dink net vir ’n oomblik hieroor na. Ons land word van tyd tot tyd geteister deur swaar reën en erge vloede. Dink net hoeveel mense word weggespoel deur water wat nie eers noodwendig diep is nie. Ons koester dikwels groot ontsag vir die krag van water.

Maar wag so ’n bietjie. Wat van die Skepper van die water? Sal die Een wat alles geskep het, ja, stormwater ook, dan nie in staat kan wees om jou te beskerm nie?

Onthou nou mooi – dit is beeldspraak – ek sê nie gaan swem deur ’n rivier in vloed nie. Sien dit as ’n voorstelling van jou lewe. God sal jou nie laat verdrink in die eise van die lewe nie. Hy sal jou red;  steek net jou hand uit en laat Hom toe om dit te vat.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.