Gedagte vir die dag: Die beste raadgewer

b2 Kron 26:5 – In die tyd dat Ussia na die wil van die Here gevra het, het God dit goed laat gaan met hom.

“Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is,” sê Spreuke 15:22. Die beste raadgewer is natuurlik die Here. Ussia het dit geweet, en het gereeld die Here geraadpleeg oor elke ding wat hy moes doen. Vir hom was dit makliker, want hy het ‘n raadgewer gehad wat die Here geken het. Sagaria het insig in die openbaring van God gehad (2 Kron 26:5). Wat ‘n voorreg om so iemand te ken! En om so iemand te wees! Dit is seker die hoofdoel van die stiltetyd wat ons elke dag saam met die Here het – dat Hy ons sal lei en raad gee oor elke besluit wat ons moet neem. Dit is wonderlik dat Amasia so ‘n toegewyde seun gehad het. Reeds van die ouderdom van sestien, toe hy koning geword het, het hy na die wil van die Here gevra. ‘n Mens wonder watter rol die opvoeding van sy ma Jekolja daarin gespeel het. Dalk was sy ‘n toegewyde gelowige wat haar kind deur haar woorde en voorbeeld reg gelei het. Ons lees dat die Here vir Ussia gehelp het (v 7). Wie van ons het nie ook dieselfde ervaring nie? Solank Sagaria nog geleef het, het dit met Ussia goed gegaan. Hy het die regte raadgewer gehad, en hy het na hom geluister. Dit is jammer dat hy later hoogmoedig geraak het. Toe het dinge vinnig vir hom verkeerd geloop.

Ons het ook raadgewers nodig. Jy sal dalk vandag jou finansiële raadgewer gaan sien, of strategiese beplanning saam met die bestuur doen, of selfs net met jou vriende gesels oor sake wat vir jou belangrik is. Sorg dat die Here die laaste sê het.

Gebed: “Here, lei my in elke besluit wat ek vandag moet neem.”

Bron: Uit die Beek- Attie van Wijk

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.