Gedagte vir die dag: Die beste voorbeeld

bybel2 Kron 17:6 – Hy het sy eer daarin gestel om te leef soos die Here dit wil.

“Wat is jou geheim? Wat maak jou anders as die ander mense met wie ek handel dryf?” vra ‘n Arabier onlangs aan ‘n Suid-Afrikaanse bankier. “0, ek lees elke dag die injil (Bybel),” was sy antwoord. “Dan wil ek dit ook lees,” se die Arabier. Hy het, en dit het hom uiteindelik tot oorgawe aan Christus gelei.

Koning Josafat het dieselfde ervaring gehad. Hy het geweet dat die Woord van die Here mense se karakter verander. Dit het hom laat verlang om elke dag volgens God se wil te leef. Hy het nie alleen die Woord self gelees nie, maar ook oral Bybelskole begin om die volk die Woord van die Here te leer (2 Kron 17:9). Josafat se pa het aan die begin ‘n baie mooi voorbeeld aan sy kinders en sy volk gestel, en Josafat het dit nagevolg. Dit was wel so dat Asa, soos Dawid, later van die Here afvallig geraak het en in sonde geval het. Maar die goeie voorbeeld het ‘n blywende indruk gelaat. En Josafat was wys genoeg am daarvolgens te lewe.

Ons moet altyd onthou dat ons self waarskynlik die enigste Bybel is wat die meeste mense lees. Hulle hou ons fyn dop. Hulle weet hoe ons krisisse en teëspoed hanteer, en hoe ons handel dryf. Hulle luister hoe ons praat, ook oor ander wat nie teenwoordig is nie. Hulle verlang dat ons aan hulle die voorbeeld sal stel van iemand wat heelhartig aan die Here behoort, en daarom betroubaar is.

Gebed: “Here, ek wil graag volgens u wil leef, sodat ek ander mense op U pad kan lei.”

Bron: Uit die Beek – Attie van Wijk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.