Gedagte vir die dag: Die biddende Christen

Argieffoto (Foto: Neom/Unsplash)

“Ek versoek julle dan dringend, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus en op grond van die liefde wat van die Heilige Gees kom: Stry saam met my deur vir my te bid.” (Romeine 15:30)

Skrifgedeelte
Romeine 15:30 (AFR83)

Oordenking
Paulus het geweet hoe om met sy hele wese te bid. Die woorde “stry saam met my” is ʼn aanduiding van hoeveel energie Paulus in gebed gestort het. Dit is soos ʼn veldslag. Net soos ʼn soldaat is elke Christen betrokke in ʼn stryd om lewe en dood. Sy eer en ewige lewe is op die spel.

Net soos gebed elke deel van ʼn mens se wese nodig het om suksesvol te wees, sal die persoon wat bid in ruil daarvoor die voordele van hierdie gebed ontvang. Hierdie tipe gebed vra jou volle hart, en so word ons volkome die Here s’n.

Gebed

Here, dankie vir die wete dat U ons seën as ons ons volkome aan U toewy. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.