Gedagte vir die dag: Die druiwestok

wynplaas_druiwe_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

“Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie” (Johannes 15:5).

Skrifgedeelte
Johannes 15:5

Oordenking
Ons lees in Lukas 13:6-9 die gelykenis van die onvrugbare vyeboom wat nie vrugte gedra het nie. Die karakters is God (die Eienaar), Jesus (die Tuinier) en ek (die vyeboom).

Die oplossing vir vrugteloosheid is ’n seisoen van genade. Jesus belowe om my lewe te vul met hemelse water en kunsmis. Hy gee my nie bloot ’n jaar se genade om te kyk wat ek daarmee gaan doen nie. Dit sal nie ware genade wees nie, want dan lê die verantwoordelikheid nog by my. Dit is nie hoe Goddelike genade werk nie. Nee, Jesus gee nou vir my ’n kans.

Moet ek iets doen? Ja, ek moet net in die wingerd wees. Dit is al. Christus sal die res doen. Hy gooi nat en Hy gee kunsmis. Ek hoef net daar te wees tydens die seisoen van genade wanneer Hy in my lewe werk.

Waar is die wingerd? Die wingerd is waar die Woord is. Die wingerd is wanneer ek bid. Die wingerd is waar gelowiges bymekaarkom en die evangelie verkondig. Maak seker jy is daar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Blomme ·

Amen… Ek wil graag in die wingerd wees as Hy sy arbeiders daar ontmoet… So help me God.. ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.