Gedagte vir die dag: Die Here gee vrede en sorg vir jou

Psalm 37:3,5 – Glo liewer in die Here. Doen goeie dinge vir ander mense. Doen wat jy moet doen, en bly getrou aan die Here. Stel jou lewe elke dag in die Here se hand. Vertrou op Hom. Hy sal vir jou sorg.

Daar is so baie negatiewe dinge wat in die wêreld gebeur. Die slegte nuus is dat dit nie sommer ooit ander gaan wees nie. Politieke omstandighede in ons land en vele ander lande is ver van volmaak of aangenaam. Die petrolprys styg gedurig. Mense stel jou teleur en dit gaan nie sommer ophou nie. Daar is soveel dinge waarop ek en jy ons energie kan mors. Ons kan aanhou fokus op al hierdie negatiewe dinge. Ons kan aanhou mor en kla oor alles wat sleg en onaangenaam is. Die uiteinde daarvan is doodgewoon dat jy baie energie op onnodige dinge vermors.

Terselfdertyd is daar baie geleenthede in hierdie moeilike en onvolmaakte wêreld: geleenthede om die wêreld ʼn beter plek te maak vir ander mense, om vir iemand anders iets te beteken deur goeie goed vir hulle te doen. Dít is nou om jou energie en passie reg te gebruik. Dít maak ʼn verskil in mense se lewens en maak die wêreld uiteindelik ʼn beter plek.

Deur elke dag jou lewe in die Here se hand te plaas en deur Hom gebruik te word, maak die lewe sinvol en die moeite werd. Dit is dan wat jy voel jou lewe het sin en dat jy vir ʼn doel leef.

Gebed: Here, ek stel my lewe in u hand. Dankie dat U sin en betekenis aan my lewe gee. Ek wil elke geleentheid gebruik om U te eer.

Die God wat self sy mossies voed, sal nie sy kinders verwaarloos nie. Matthew Henry

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.