Gedagte vir die dag: Die hede en verlede

Argieffoto (Foto: Patrick Tomasso/Unsplash)

“Skep vir my ʼn rein hart, o God. Gee my ʼn nuwe, standvastige gees.” (Psalm 51:12)

Skrifgedeelte
Psalm 51:12

Oordenking
Daar was ʼn tyd in my lewe toe ek gedink het ek moet ander mense beïndruk. Nie meer nie. As ʼn volgeling van Jesus wil ek niemand meer beïndruk nie, maar indrukwekkende verhale van God deel.

Ek het gedink ek het alles onder beheer. Maar as ʼn volgeling van Jesus het ek alle beheer aan God oorgegee.

Ek het dit altyd geniet om iets te kry. Maar as ʼn volgeling van Jesus vind ek nou meer vreugde daarin om te gee as om te ontvang.

Op ʼn tyd het min dinge my beïndruk. Maar as ʼn volgeling van Jesus sien ek elke dag die skoonheid van sy skepping raak.

Op ʼn tyd het ek oor God gepraat. Maar as ʼn volgeling van Jesus praat ek nou met God.

Op ʼn tyd het komplekse teologiese idees my gefassineer. Maar as ʼn volgeling van Jesus is ek nou opgewonde daaroor om in sy voetspore te volg.

Op ʼn tyd moes mense na my luister. Maar as ʼn volgeling van Jesus luister ek nou na ander.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lettie ·

Dankie Stephan Joubert vir wonderlike boodskap van vandag.
Groot waardering daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.