Gedagte vir die dag: Die Here bewaar jou

BergePsalm 125:2 – Jerusalem word deur berge omring. Dit beskerm sy inwoners. Net so bewaar die Here diegene wat Hom vertrou. Hy hou sy oog oor hulle.

Ons leef in ʼn land waar dit gereeld sleg is om die koerante oop te maak of na die TV-nuus te kyk, want daar is baie keer sulke slegte nuus. Baie mense het hoë heinings en mure om hulle te beskerm en rolle doringdraad is oral te sien ter wille van beskerming. Een van die natuurlikste manier van beskerming in die Bybelse tyd was wanneer ʼn stad deur berge omring was. Die vyand kon dan baie moeilik by so ʼn stad uitkom en die een of twee poorte deur die berge na die stad is dan baie goed bewaak. Jerusalem was so ʼn stad – ʼn baie veilige stad as gevolg van berge wat die stad omring. Dis die belofte van God vir sy kinders wat op Hom vertrou: Hy sal hulle bewaar soos Jerusalem deur die berge bewaar en beskerm is. Hy het altyd sy oog op jou. Jy kan nêrens so wegkruip of wegraak dat Hy jou nie sien nie. Jy beweeg nêrens waar God nie is nie. Wat ʼn troos in hierdie tyd van geweld en slegte nuus: God beskerm en bewaar jou. God hou altyd sy oog oor jou.

Hoe meer ek God vertou, hoe meer ontdek ek hoe betroubaar Hy is. – Cliff Richard

Gebed: Here, dankie dat U my altyd bewaar. Dankie dat ek nooit kan wegraak of wegloop nie. U oog is altyd op my.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.