Gedagte vir die dag: Die Here hou jou staande

Psalm 94:18 – Wanneer my probleme my onderkry, het U my elke keer gehelp, Here. U sorg vir U kinders met u liefde!

As ʼn mens vakansie hou in die Kaap word jy soms met die ergste stormwinde gekonfronteer. Dis winde wat so hard waai dat jy omtrent van jou voete af gewaai word – en dis nie spreekwoordelik bedoel nie. So gebeur dit ook in die lewe dat daar omstandighede kan wees wat jou van jou voete slaan. Jy word rondgegooi soos in ʼn stormwind of soos in ʼn klein bootjie op ʼn stormsee. Dis dan wanneer die Here se onvoorwaarlike en reddende liefde ʼn realiteit is vir sy kinders. Dis dan wat Jesus as Immanuel ʼn werklikheid word vir elkeen wat in Hom glo. Dis dan dat jy weet Hy hou jou styf vas en niks kan jou uit sy hand uit ruk nie. Hy is die een wat jou regop hou, wat jou staande hou. Wat is jou moeilike omstandighede op die oomblik? Wat is die swaar wat jou aftrek? Wat is dit wat jy voel jou voete onder jou uitslaan? Weet dat jy na God kan draai. Weet dat Hy jou vashou en jou regop hou. Hy genees gebrokenes van hart en Hy maak die wat stukkende is weer heel.

As God sy enigste Seun vir ons prys gegee het, hoe kan Hy ons ooit in klein dingetjies in die steek laat. – Martin Luther

Gebed: Here, dankie dat ek U altyd kan vertrou. Dankie dat U altyd daar is om my regop te hou en my hand styf vas te hou.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

petro ·

Here, U ken my omstandighede. Help my Here sodat ek nie moedeloos sal raak nie, maar staande sal bly. Ek is swak, Here, help my, asseblief. Ek wil die regte voorbeeld vir my kinders ook stel, deur om nie moedeloos te raak nie. Net U kan help!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.