Gedagte vir die dag: Die Here se genade is daar vir jou

genadePsalm 102:8,14 – Ek kan nie meer slaap nie. Ek wag heeldag vir niks. U sal ingryp. U sal Jerusalem weer met u liefde omvou. Dit is nou die tyd om vir u kinders goed te wees. Hulle kry baie swaar.

Genade is onverdiend – dis hoekom dit genade genoem word. Dit is hoekom dit vir baie mense half ʼn vreemde konsep is en vir baie so moeilik om te vat en hul eie te maak. Sien, in hierdie lewe is dit “the survival of the fittest”. In hierdie lewe is niks verniet of gratis nie. In hierdie lewe werk en presteer jy as jy iewers wil kom. In God se wêreld kom die grootste geskenk gratis na jou kant toe. Hy gee Jesus vir jou. Jesus sterf in jou plek aan die kruis en Hy staan op en oorwin die dood. Dit word alles namens jou gedoen. Jesus sterf aan die kruis met jou sonde op Hom. Ja, dit doen Hy alles in jou plek. So onwerklik as wat dit klink, so waar is dit. Dis die waarheid van genade en dis die waarheid wat my en jou in ʼn nuwe verhouding met God plaas. Soveel mense mis God se genade elke dag omdat hulle wil verdien, omdat hulle wil presteer. God is daar in jou swaar tye – selfs al is die swaar tye jou skuld of jy die oorsaak daarvan. Hy sal jou nooit los nie. Hy sal jou nooit in die steek laat nie. Dit is genade. Gryp dit aan in hierdie oomblikke. Maak dit nou jou eie en leef elke dag uit genade.

Genade hou bekommernis weg, want bekommernis handel met die verlede, terwyl genade met die hede en toekoms handel. – Joyce Meyer.

Gebed: Here, dankie vir genade! U genade is vir my soos suurstof waarsonder ek nie kan leef nie. U genade hou my elke dag regop. Ek loof U, Here!

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.