Gedagte vir die dag: Die Here vergewe en maak jou gesond

KruisPsalm 103:3 – Dit is Hy wat my vergewe as ek verkeerde dinge doen. Hy maak my gesond.

Sonder verwoes. Kant en klaar. Dis hoe dit is. Moenie met sonde speel en as jy jou vingers verbrand, wonder wat het gebeur nie. Nog erger, en daarmee werk ek gereeld: Moenie as sonde verwoestingswerk in jou lewe doen, vra waar was God of hoekom het Hy dit nie gekeer nie. Nee, Hy waarsku jou met goeie rede teen sonde. Hy wil jou bewaar en beskerm teen sonde en die dodelike gevolge daarvan. Daarom, wees wys en maak die regte keuses in jou lewe. God is egter so getrou. Sy genade is doodgewoon oorvloedig en genoeg. Want God vergewe. Dit maak nie saak waar jy was of wat jy gedoen het nie: God vergewe en Hy was jou silwerskoon. Die Boodskap skryf in Jesaja 1 dat Hy jou so skoon soos sneeu wat nou net geval het. Ja, spierwit, helderwit: God was jou skoon. Die bloed van Jesus doen ʼn volmaakte werk as dit by jou sonde kom. Daarom is dit nodig om opreg en eerlik te wees oor dinge in jou lewe wat nie reg is nie. Draai na God en nader tot Hom met opregte berou. Hy vergewe en was jou skoon. Hy maak jou nuut. Ja, Hy is voorwaar die God van tweede kanse… en derde kanse… Gee Hom de geleentheid om jou lewe skoon te was.

Sonder vergifnis is daar geen toekoms. – Biskop Desmond Tutu

Gebed: Here, dankie dat ek oop en eerlik voor U kan kom staan. U ken in elk geval my hele lewe, Here. Vergewe my, asseblief. Was my skoon. Maak my nuut, Here.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.