Gedagte vir die dag: Die Here wil jou seën

seënPsalm 128:1,2 – Hoe gelukkig is jy wat die Here dien en eer, jy wat presies doen wat Hy sê! Jou harde werk sal elke dag vir jou ʼn goeie oes oplewer. Jy is die gelukkigste mens op aarde, want God sorg dat dit goed gaan met jou.

Dis vir my hartseer om baie keer op TV, of in koerante en tydskrifte te kyk na mense wat self op die troon van hul lewens sit. Hulle ego’s is so groot dat hulle nie by die deur kan inloop nie. Hulle is op hulself aangewese vir sukses en geluk. Hulle loop gereeld oor van hulself en wat hulle bereik. Die Here wil hê ons moet van Hom afhanklik wees. Hy wil hê ons moet Hom vertrou vir ons krag, energie en hulpbronne en sukses in die lewe. Hy wil hê ons moet Hom eer en dien. Ja, werk hard, gee jou alles, maar doen dit vir Hom en nie vir mense nie. Laat Hy die eer kry aangesien elke talent van jou van Hom af kom. Elke sukses in jou lewe is seën uit sy hand. Die Here wil jou seën. Hy het ʼn oop hand om vir jou te gee. Hy is nie suinig om seën uit te deel nie. Hy vra wel dat jy van Hom afhanklik sal wees. Hy vra wel dat jy Hom sal vereer met jou talente en sukses. Gee vir Hom die erkenning vir sy sorg en trou in jou lewe.

God is in sy hemel; alles is reg op aarde! – Robert Browning

Gebed: Here, U sorg vir my. Elke stukkie sukses in my lewe is seën uit u hand. Ek kom gee vir U al die eer en erkenning daarvoor.

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.