Gedagte vir die dag: Die krag van jou woorde

Boekevat - Bettysbaai - ABritsDie tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolg dra. (Spr 18:21) 

Hoe klink die woorde wat jy sê? Hoe klink jou gesprekke? Sê jy opbouende en positiewe dinge, of breek jy af met die dinge wat jy sê? Het jy al opgelet, of moet jy vandag spesiaal aandag hieraan gee?

Elkeen moet dit self evalueer. Jy moet na jouself luister en jou ná die tyd afvra of dit iets is waaroor jy trots kan voel. Of is dit dalk iets waaraan jy moet werk?

Die mond word baie dikwels deur al die skrywers in die Bybel aangeraak. Die Bybelskrywers praat die meeste oor hoe ons woorde behoort te wees. Ons kan gerus ag slaan op dit wat die Bybelskrywers oor die tong te sê het, want ons hele lewe bestaan uit woorde. Dit is hierdie woorde wat ons na die volgende geslag oordra. Jy kan met jou woorde iemand lief maak vir die dinge van die Here, of hulle heeltemal daarvan vervreem.

Let op wat jy sê, en spreek woorde wat vir iemand lewe sal bring.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.