Gedagte vir die dag: Die liefde

Foto: Marianne Styan

Foto: Marianne Styan

Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ’n stuk klinkende metaal, ’n galmende simbaal geword. (1 Kor 13:1)

Die groot dade wat die Here by my wil hê, is liefde. Alles wat ek doen, moet gedryf word deur liefde.

As ek koffie drink saam met iemand moet ek dit in liefde doen. As iemand by my kantoor instap, moet ek hulle met liefde ontvang. As ek iemand op straat groet, moet dit in liefde geskied.

Ons is ongelukkig nie baie goed met die liefde nie. Daarom is 1 Korintiërs 13 so belangrik – as ek nie liefde het nie, het ek werklik niks. Ek kan die grootste dade van welwillendheid doen, maar as ek dit nie in liefde doen nie, beteken dit niks.

Die liefde is geduldig en vriendelik. Die liefde stel ander se belange altyd eerste en vergeet van die kwaad wat hom aangedoen is. Die liefde wil net die beste vir ander hê, en is bly as goeie dinge met hulle gebeur. Die liefde bly geduldig met ander en bly glo in die goeie.

Is dit so in jou lewe? Word jy gedryf deur die liefde?

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.