Gedagte vir die dag: Die Neutkraker

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.  (Matt 19:26)

Wanneer ons hierdie woorde hoor of lees, dink ons dalk aan ’n finansiële situasie of ’n moeilike projek of iets dergeliks. God kán mos hierdie onmoontlike situasies op los? Natuurlik kan Hy, maar eerstens praat Jesus hier van die redding van mense. Vir sommige mense lyk dit of redding in hul situasie onmoontlik is, maar Jesus sê dis nie waar nie.

God kan die hardste neut kraak! Waar ons dalk moedeloos met mense opgee, het God lank nog nie op gegee nie. Hy is ’n groter en beter Evangelis as enigiemand op aarde. Soms is dit goed as ons moedeloos raak met mense, want dan kan God sy werk doen sonder dat ons heeltyd tussenbeide wil tree. Hy is so ’n grenslose lafenis.

Vader, Jesus leer my ’n wonderlike les én Hy gee my hoop. Ek gee nou die harde neute in my familie en lewe onvoorwaardelik aan U. Doen u mens-onmoontlike werk. Ek aanbid U in afwagting.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.