Gedagte vir die dag: Die skool van wag

Argieffoto (Foto: Kelly Sikkema/Unsplash)

“Ek verseker jou, ons praat waaroor ons kennis het, en ons getuig oor wat ons gesien het, en ten spyte daarvan aanvaar julle tog nie ons getuienis nie.” (Johannes 3:11)

Skrifgedeelte
Johannes 3:11 (NLV)

Oordenking
Om te wag is dikwels die grootste toets van geloof, tog word geloof sterker deur te wag en te bid. Geduld word die beste geleer wanneer daar van jou verwag word om te wag. Soms is om te wag juis dit wat gebed is.

Baie dinge moet in plek val voordat God die finale antwoord gee – dinge wat belangrik is vir die welstand van die persoon wat hierdie versoek tot Hom rig.

Wees verseker, Jesus sal kom. Die wagtyd sal sy koms soveel meer geseënd maak. Hou aan bid. Hou aan wag. Hy sal kom en Hy sal nie laat wees nie.

Gebed

Here, ek loof u Naam en dank U dat ek seker kan wees U sal my gebede beantwoord. Selfs terwyl ek wag, weet ek U sal nie laat wees nie. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.