Gedagte vir die dag: Die tweede myl

Matthéüs 5:41
En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam.

In Jesus se dag het die magtige Romeinse Ryk die bekende wêreld van daardie tyd met ‘n ystervuis regeer. Sy krag was veral duidelik in die manier hoe sy leer die wette van die regering geïmplementeer het. Soldate is gedril om hulle offisiere selfs meer as hulle vyande te vrees.

Die offisiere het wel die mag van lewe en dood oor hulle manskappe gehad, maar het gereeld saam met hulle geoefen. Die gevolg was dat die Romeinse magte uiters fiks was. Hulle kon 20 myl in ses ure met toerusting aflê. Daar is van hulle verwag om self hulle wapens en bagasie te dra.

Om hulle las ietwat te verlig, is Romeinse soldate volgens wet toegelaat om ‘n burgerlike te beveel om hulle toerusting vir die maksimum van een myl te dra. ‘n Mens kan net dink hoe dit die burgers, in die lande wat die Romeine geokkupeer het, moes gegrief het!

Jesus se lering dat jy met elkeen wat van jou een myl afdwing, twee myl met hom saam moet loop, is vandag steeds geldig.

Ons bevind ons dikwels in ‘n situasie waar ons hulp dringend benodig word. Christene behoort sulke geleenthede aan te gryp om selfs meer te doen as wat van ons verwag word, want dit is wat Jesus van ons vra.

Gebed:Hemelse Vader, spoor my aan om wanneer my hulp benodig word, die tweede myl saam te loop. Skenk aan my die genade om dit met vreugde en ‘n gewillige gees te doen. In Jesus se Naam bid ons dit. Amen.

Bron:Bybelgenootskap van Suid-Afrika,Vers-’n-dag waardeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.