Gedagte vir die dag: Die wapens van die Gees

Argieffoto

Argieffoto

Natuurlik leef ons in ’n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. (2 Kor. 10:3)

Paulus sê hier ons bly wel in menslike liggame, maar ons voer nie ons stryd met menslike wapens nie. Daar is twee tipes wapens: menslike en geestelike wapens. Voorbeelde van menslike wapens is kennis, grade, diplomas, geld, ’n adresboekie met al die regte nommers in ’n tyd van nood. En met hierdie menslike wapens kan jy slegs menslike gevegte veg.

Hoe lyk ons geestelike wapens? Hierdie wapens verander harte en breek argumente af. Hierdie wapens is ewig, dit is Gees, dit is Goddelik. Watter wapens kies jy as jy elke oggend by die huis uitstap? Kan ek vir jou sê die meeste van ons bid vir hierdie wapens: “Ag, Here, vandag se vergadering, vandag se werk, vandag se kontrak, vandag se sale, vandag se personeel.”

Moenie in vandag vaskyk as jy om hulp vra nie. Dink aan sake met ewigheidswaarde en vra dan vir die wapens van die Gees.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.