Gedagte vir die dag: Die wyse Prediker

Foto: papa'rocket

Foto: papa’rocket

Ek het my daarop toegelê om te verstaan wat wysheid en kennis is, en wat dit is om ’n gebrek aan wysheid en kennis te hê. Ek het vasgestel: ook dit is ’n gejaag na wind. (Pred 1:17)

Die Prediker sê alles is ’n gejaag na wind, maar wat is hierdie gejaag? Ek soek lewe en betekenis. Ek soek vervulling, ’n doel hier op aarde. Hierdie vervulling verskil van mens tot mens. Iets wat vir my vervulling bring, doen dalk niks vir jou nie, of iets wat jou koud laat, maak my vreeslik gelukkig.

Dit kan ook gebeur dat dit wat vir jou belangrik is van tyd tot tyd verander. Gestel jy was altyd ’n groot rugbyliefhebber, maar deesdae sny jy eerder gras op ’n Saterdag.

Dit is seker nie die einde van die wêreld as jy nie meer van rugby hou nie, maar wat doen jy as jy jou lus vir die kerk en geestelike sake verloor het? Wat doen jy om jou geestelike lewe weer op die regte pad te kry? Die enigste antwoord is om jou in gebed voor God te verootmoedig. Net Hy kan jou help om weer lewenslus te vind en te voel dat alles nie bloot ’n gejaag na wind is nie.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.