Gedagte vir die dag: Diensbaarheid gee jou vreugde

Johannes 13:14 – “ As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was.”

In die gedeelte wat ons saam gelees het, het die Here Jesus geen twyfel wat ʼn mens se lewe vol blydskap maak nie. In vers 14 stel Hy dit duidelik dat ons mekaar se voete moet was. In vers 17 word gesê: Gelukkig is julle as julle dit ook doen.

In die Middeleeue was daar ʼn man met die naam van Francis van Assisi. Hy was die vader van die Franciskaanse orde. Hulle het ʼn baie eenvoudige leefwyse gehad en hulle lewenstyl was ingestel op diensbaarheid vandaar die bekende gebed wat sy lewensleuse was: Dit klink so:

Here maak my ʼn instrument van u vrede
Waar daar haat is, laat my liefde saai
Waar daar twyfel is, geloof
Waar moedeloosheid is, hoop
Waar donkerte is, lig
Waar droefheid is, vreugde
O Goddelike meester gee dat ek eerder sal troos as om troos te soek
Eerder sal verstaan, as begrip te soek
Eerder sal liefhê as om liefde te soek
Want deur te gee, ontvang ons
Deur te vergewe word ons vergewe
En deur te sterwe word ons gebore tot die ewige lewe!

Diensbaarheid is om ander mense gelukkig te maak -op watter manier ook al: Want dan sal jy ook gelukkig wees. Dan sal jy ook die betekenis van die lewe raaksien! Mag diens aan die Here en aan ander mense jou werklik vreugde gee.

Gebed: Dankie dat u diens aan die kruis my lewe vol vreugde gemaak het. Gee dat ek ook my lewe vir ander sal gee. Amen

Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika,Vers-’n-dag waardeer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.