Gedagte vir die dag: Doen die regte ding

kersPsalm 106:3- God hou baie van elkeen wat doen wat reg is, wat elke kans aangryp om sy wil te doen. Hy laat dit goed gaan met sulke mense.

Ek probeer my bes om as pa vir my kinders elke dag een belangrike ding in hul lewe te leer en dit is: Doen die regte ding, nie die lekker ding nie. Sien, die lekker ding is gewoonlik die makliker opsie en jy gaan die meeste van die tyd jou vingers lelik verbrand deur die lekker ding te doen in plaas van die regte ding. Soms kos dit jou aan opoffering en deursettingsvermoë om die regte ding te doen, maar dan kan jy vrug verwag en ook die Here se seën. Ons leef vandag in ʼn wêreld waar daar so baie versoekings en verleidelikhede is. Daar is soveel mense en dinge wat ingestel is daarop om oppervlakkige behoeftes van mense te bevredig. Kyk maar na die advertensieveldtogte op TV. Hulle probeer jou die hele tyd oortuig daar is produkte waarsonder jy eenvoudig nie kan klaarkom nie. Dit is egter duidelik dat die veldtogte baie suksesvol is, want oral is daar nou al winkels wat oopgemaak het as gevolg van veldtogte. Die kuns van die lewe en sukses in God se oë is om die regte ding te doen. Soek na die wil van die Here en doen wat Hy van jou vra. Hy sal jou daarvoor seën.

Here, steek kers aan in my hart, sodat ek in die lig daarvan kan sien om die vuil in my hart skoon te maak sodat U hier kan woon. – Gebed van skoolmeisie uit Afrika

Gebed: Here, bewaar my van die aanslag om die lekker ding te doen. Ek kom kies vandag om u wil in alles te soek en die regte ding te doen.

Bron: Christelike uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

esther bloem ·

Wanneer jy geloof het van i mosterdsaadjie kan jy die hoogste berge/probleme/ uitklim en wanneer jy in geloof staan Staan jou volk agter jou Matt13:31,32,43

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.