Gedagte vir die dag: Dra die kruis

Argieffoto (Foto: Yoal Desurmont/Unsplash)

“Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld moet julle mekaar in liefde verdra.” (Efesiërs 4:2)

Skrifgedeelte
Efesiërs 4:2

Oordenking
Tussen al die redes om te kla oor hoe sleg die lewe is, kan ons kies om ons vreugde iewers anders te soek. Om Jesus te volg, beteken om hoop te hê. Om sy kruis te dra, beteken om ’n lewende seën vir ander te wees.

Elke dag wat ons die voorreg kan geniet om te leef en asem te haal, het ons die geleentheid en eer om Jesus se kruis te dra. Wie weet, ek en jy is dalk die enigste “Bybel” wat iemand in ’n wanhopige situasie het. Wat van ’n sagte woord van hoop vir hulle, of dalk ’n stukkie brood om hulle las draagliker te maak? Wat van ’n stil gebed vir ’n vriend of vriendin wat tans die skerp kant van die lewe ervaar?

Laat ons Jesus se kruis dra wat lewe en hoop gee vir dié om ons. Wanneer ander die lewe ervaar terwyl Jesus se kruis op óns skouers is, sal ons die gewig daarvan self later nie eens meer voel nie. Die kruis is slegs ’n las wanneer ons vasgevang raak in selfbejammering of wanneer ons nie ’n lewende seën vir ander is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.