Gedagte vir die dag: Eenheid gee krag

praying-handsPs 60:6 – Trek tog u dienaars saam onder u vaandel dat hulle veilig kan wees teen die boog van die vyand.

“Een goeie ding het uit die Christen-vervolging gekom: Die Christene het begin saamwerk in plaas van om mekaar aan te val,” vertel ons Indiese kollega wat deur ‘n moeilike tyd van Christen-vervolging gegaan het. Die teologiese skole in Suid-Afrika is ook verplig am saam te werk om akkreditasie by die regering te kry, en toe ontdek hulle dat daar dierbare gelowiges in die ander skole ook is. Opposisie is nie altyd sleg nie. Dit leer ons wat werklik saak maak. Dawid se leër het onder aanvoering van generaal Joab so pas ‘n groot oorwinning behaal, en 12 000 van die vyand doodgemaak. Tog klink dit nie asof Dawid bly is daaroor nie. Dit voel vir hom asof die Here hom verlaat het, en asof die land in twee geskeur is. Hy was terselfdertyd in ‘n oorlog teen die Assiriërs. Selfs in ‘n tyd van oorwinning word hy nog steeds bedreig. Daarom bid hy vir eenheid. Sodat hulle sterker teen die aanslag kan staan. Die duiwel ken die taktiek van verdeel en heers baie goed. Hy sorg dus dat Christene teen mekaar werk, in plaas van teen hom. Hy sal jou vertel dat dit nie vandag nodig is om kerk toe te gaan nie, want dit is tog so koud, of jy is moeg, of daar is belangriker dinge om te doen. Maar daardeur verswak ons self die liggaam van Christus. As ons saamstaan en saamwerk kan ons soveel meer regkry. As ons eers die groter prentjie sien van hoe die Here deur sy kerk wil werk, dan besef ons hoe belangrik elke klein onderdeeltjie is. Ek en jy is ook nodig!

Gebed: “Here, trek ons vandag saam onder u vaandel in die kerk, orals in ons land en oor die wêreld.”

Bron: Uit die Beek – Attie van Wijk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.