Gedagte vir die dag: Ek is gewond

Argieffoto (Foto: Kelly Sikkema/Unsplash)

“Die Here julle God is genadig en barmhartig. Hy sal nie afsydig staan as julle na hom toe terugkom nie. (2 Kronieke 30:9)

Skrifgedeelte
2 Kronieke 30:9

Oordenking
In die fliek Black Hawk Down kyk ’n offisier na ’n voertuig vol gewonde soldate. Dan sien hy ’n jong troep genaamd Othic en beveel hom om te bestuur. “Maar ek is gewond!” sê Othic. Die offisier antwoord met ’n verbysterende waarheid: “Almal is gewond! Bestuur!” Wat ’n metafoor vir ons eie lewens.

Ons word almal soms gewond, maar ons kan nog bestuur, want God gee vir ons om en Hy loop oor van goedheid. Hy is nie soos ons nie. Wanneer Hy ons vergewe, is ons vergewe. God het geen behoefte om ons te herinner aan alles wat ons gister verkeerd gedoen het nie.

En wat nog beter is, is die wete dat God nooit ons sonde voor ons gaan gooi en ons gaan herinner aan alles wat ons gedoen het nie. Jesus het vir ons sonde gesterf en tree vandag vir ons in by God. En ons kan altyd weet dat God ons liefhet al is ons hoe erg gewond.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.