Gedagte vir die dag: Ek is so bly Hy was hier

Argieffoto (Foto: Sixteen Mileso/Unsplash)

“Eer aan God. Eer aan Hom wat in die hoogste hemel bly. En vrede vir almal hier op die aarde; vrede vir almal oor wie God nou feesvier” (Lukas 2:14).

Skrifgedeelte
Lukas 2:14

Oordenking
As die Kripkind nie gekom het nie, was die wêreld vandag steeds verlore. As Hy nie bereid was om die opdrag van sy Vader uit te voer nie, het ons nie ʼn toekoms gehad nie. As Hy nie tot die dood toe getrou was aan sy verlossingstaak nie, kon ek en jy nie hemel toe gaan nie.

Maar nou hét die Seun wel aarde toe gekom, hét Hy vir ons die waarheid gebring en het Hy, ten spyte van sy bloedsweetvrees, die pad na die kruis voluit geloop. En nou is ons – mense wat sy uitnodiging aangeneem het – verlos. Mense wat met hoop, sekerheid en verwagting kan leef omdat ons weet dat die Seun ook hemel toe gegaan het om vir ons plek te gaan voorberei.

  • Hierdie oordenking verskyn in Net soos jy is deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here menswoorde kan nie beskryf hoe Groot en Genadig U is nie…
Dankie Here Jesus dat U die Lam geword het vir my sondes….Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.