Gedagte vir die dag: Elke dag is nuut

Argieffoto (Foto: Aaron Burden/Unsplash)

“Iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!” (2 Korinthiërs 5:17)

Skrifgedeelte
2 Korinthiërs 5:17

Oordenking
Elke dag saam met God is soos ’n nuwe dag. God herinner ons nie elke dag aan ons sondes van gister as ons opreg vir Hom gevra het om ons te vergewe nie.

Psalm 103:12 sê: “So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons.” Daar is nie ’n plek in die hemel waar al ons oortredings van die verlede gebêre word nie. Hulle is lankal in die hemelse asblik gegooi. God dink nie aanhoudend aan die sondes wat ons voor Hom bely het en waarvoor Hy ons vergewe het nie.

God is ’n God van genade. En Hy skenk ons sy oorvloedige vergifnis. Hy vergewe en vergeet. Al wat jy hoef te doen om sy oorvloedige genade en vergifnis te ontvang, is om na Hom toe te gaan en in die Naam van Jesus jou sondes te bely en sy vergifnis te vra. God sal die berouvolle sondaar nie wegwys nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.