Gedagte vir die dag: Elke dag saam met Hom

Argieffoto (Foto: Am Tran/Unsplash)

“Ons wat God leer ken het en nou Syne is, put soveel geestelike krag daaruit. God maak ons sterk deur die boodskap oor wat aan die kruis gebeur het” (1 Korintiërs 1:18).

Skrifgedeelte
1 Korintiërs 1:18

Oordenking
Soms maak die aanhoudende geroei en gestoei op die lewensgolwe ons moeg en moedeloos. Die see van die lewe het mos ’n manier om ons met tye te oorweldig of dobberend stil te laat staan. Sulke moegword-dae is gewoonlik wanneer ons sonder ons Here in die skuite van ons lewens probeer roei.

Dit was ’n windstil aand toe die dissipels destyds sonder hul Meester die see ingevaar het. Hulle het Hom mos nie nodig gehad nie. Baie van hulle was immers gesoute vissermanne wat die natuur soos die palm van hul hand geken het. Kort voor lank het die prentjie egter heel anders gelyk. Die wind en golwe het hulle beheerloos rondgeslinger en benoud het hulle gewonder of dit hul laaste oomblikke gaan wees totdat Jesus saam met hulle in die skuit klim. Dan bring Hy alles om én in hulle tot bedaring.

 

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.