Gedagte vir die dag: Ervaar God se liefde

Argieffoto (Foto: Sixteen Miles/Unsplash0

“Die Here se hart is baie sag. Hy gee graag goeie dinge aan ons. Hy is geduldig. Hy het sy kinders baie lief” (Psalm 103:8).

Skrifgedeelte
Psalm 103:8

Oordenking
Hoe beleef ’n mens God se liefde? Hoe kry ons dit reg om God se liefde in ons lewe te voel terwyl ons Hom glad nie eens kan sien nie?

  • Ons word stil. Tjoepstil. Gedagtestil.
  • Ons bid dat die Gees ons met sy teenwoordigheid sal vul.
  • Ons wag totdat ons gedagtes werklik met Hom in kontak is.
  • Dan luister ons totdat ons hoor en voel hoe sy liefde oor ons spoel.
  • En dan drink ons elke druppel van sy bederfliefde met dankbaarheid in.

Maak vandag heeldag tyd om jou Vader se koestering in te drink en die vrede daarvan te geniet. So sal jy te midde van die gewoel om jou rus vind, ondanks die onrus van die wêreld ʼn gevoel van saligheid beleef en ervaar dat Hy jou met ongekende vrede vul.

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.