Gedagte vir die dag: Foute

groen-olyf-domebil-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay/domebil.com

“Ek wil die Here prys en nie al sy goeie dade vergeet nie. Hy vergewe al jou sondes, en genees al jou siektes.” (Psalm 103:2-3)

Skrifgedeelte
Psalm 103:2-3 (NLV)

Oordenking
Ek is skaam om te erken dat God soms my foute beter gebruik as my sogenaamde gehoorsaamheid. Dit het nou die dag weer gebeur. Ek het my humeur verloor in ʼn winkel en uitgestorm. Buite die winkel het ek sleg gevoel oor my skerp woorde teenoor die winkelassistent. Ek het teruggegaan en om verskoning gevra. Toe sy vra hoekom ek om verskoning vra, het ek skaam gemompel dat ek ʼn Christen is en dat ek moet dink voor ek praat. En skielik wou die persoon meer uitvind oor Christenskap.

Dit is goed om te weet dat God nie net werk wanneer ek dink Hy werk nie. Dit is goed om te weet dat die Here my nie eintlik nodig het nie. Dit is slegs deur genade wat Hy my ten spyte van al my tekortkominge gebruik. Is dit nie wonderlike nuus nie?

Dit is bevrydend om te weet dat ons swakhede en sonde God nie in sy werk beperk nie, maar ons moet ook nie tevrede wees dat God nét ons foute gebruik nie. Ons moet deurgaans daarna strewe om ʼn goeie getuie vir Hom in die wêreld te wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eugene ·

Ons as mens is geneig om ons sonde vinnig af te maak as “Foute”, om dit te minimaliseer of af te water. Fout klink mos nie so erg soos Sonde nie. Ons moet egter daarop let om onsself korrek volgens God se woord te oordeel. Sonde voor God is sonde en nie net ‘n foutjie nie, maar hierin le Sy genade ook. Hy het vir ons Sondes met Sy bloed betaal. Hy is lief vir ons en ons het die Heilige Gees as parakleet. Liefde in Christus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.