Gedagte vir die dag: Gaan leef die liefde

Argieffoto (Foto: Sixteen Miles Out/ Unsplash)

“’Liewe vriende, God het vir ons gewys wat ware liefde is. Ons behoort mekaar ook so lief te hê. Niemand het God nog ooit gesien nie. As ons egter mekaar liefhet, kan mense God in ons lewens sien. Sy liefde blom in ons soos Hy bedoel het dit moet wees” (1 Johannes 4:11-12).

Skrifgedeelte
1 Johannes 4:11-12

Oordenking
Dink jy mense kan sien dat jy deel van die familiekring van God is? Kan hulle in jou woorde en optrede agterkom dat daar iets van Hom in jou leef?

As jy in opregte liefde teenoor ander leef, dan kan jy “ja” op hierdie vrae antwoord. Want God ís liefde. Wanneer ons sy kinders is, is sy liefde oor elke aspek van ons lewens gegraveer. Daarom is dit dan hoorbaar, sigbaar en voelbaar.

Begin dus elke dag met nuwe liefde: liefde wat volkome vergewe, onvoorwaardelik aanvaar en iets van jouself vir ander gee – ongeag wat gister gebeur het. Dan leef jy die waarheid van God-is-liefde in die praktyk.

 

  • Hierdie oordenking verskyn in Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.